DA skors Bhanga

Die DA het sy voormalige Oos-Kaapse leier, Nqaba Bhanga, amptelik geskors omdat hy die voorsitter van die federale raad, Helen Zille, in die openbaar van rassisme beskuldig en ongegronde aansprake op sosiale media gemaak het. Die provinsiale uitvoerende komitee het eenparig besluit om Bhanga te skors. Hy het ‘n kennisgewing van voorneme ontvang en skriftelike vertoë ingedien, wat geen meriete bevat het nie. Die saak word nou deur die party se onafhanklike federale regskommissie ondersoek. Andrew Whitfield van die DA het sy teleurstelling in Bhanga se optrede uitgespreek: