Wallabies sal Bokke se lynstane teiken
Eddie Jones is terug as afrigter van Australië, en met die aankondiging van sy groep van 34 spelers vir die komende Rugbykampioenskap, is daar die eerste keer medekapteins vir die Wallabies. Michael Hooper en James Slipper sal die groep aanvoer tydens ʼn uitdagende veldtog wat gevolg sal word deur die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Jones begin sy tweede skof as breier van die Wallabies met ʼn openingswedstryd teen die Springbokke: