Elton John lok groot skares na Glastonbury-fees

Elton John het groot skares na die Pyramid-verhoog gelok vir sy eerste konsert by die Glastonbury-fees en moontlik sy laaste optrede in die Verenigde Koninkryk. Geklee in ‘n goue pak klere en sy kenmerkende pienk bril, het die 76-jarige sanger die verhoog gedeel met kunstenaars soos Brandon Flowers van die Killers, en Rina Sawayama. John het sy uitvoering van Don’t Let The Sun Go Down On Me aan wyle George Michael opgedra wat Sondag sy 60ste verjaardag sou vier. Hy het sy optrede by Glastonbury as emosioneel en spesiaal beskryf.