Wagner-rebelle ‘n direkte uitdaging vir Putin

Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê die Wagner-groep se rebellie was ‘n direkte uitdaging van die Russiese President Vladimir Putin se gesag wat op probleme in die land se militêre aanslag dui. Wagner se hoof, Yevegeny Prigozhin, wat voorheen lojaal was aan Putin, het die naweek met sy soldate na Moskou opgeruk en op pad beheer oorgeneem oor Russiese weermag-fasiliteite. Die Kremlin het laat Saterdag gesê ‘n ooreenkoms is bereik om die opstand te beëindig. Blinken sê Wagner se rebellie kan tot voordeel van Oekraïne se weermag wees. ‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner professor Andre Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie gegee.