Outa gooi sy gewig agter hoofregter Zondo
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het sy gewig gegooi agter hoofregter Raymond Zondo se kritiek op die parlement oor staatskaping. Zondo, wat die kommissie gelei het, het die parlement beskuldig dat hy sekere aanbevelings nie instel nie. Hy het tydens ‘n seminaar by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing in Pretoria kommer uitgespreek oor die parlement wat nie in staat sal wees om toekomstige voorvalle van staatskaping te voorkom nie. Rudie Heyneke van Outa stem saam die parlement het nie sy rol gespeel om diegene wat betrek word, aanspreeklik te hou nie.