Rugby: Junior Bokke sien uit na wedstryd teen Georgië

Rugby: Die Junior Springbokke sien daarna uit om môreaand hulle veldtog in die Wêreldrugby Onder.20-kampioenskap af te skop. Dit is ʼn tuistoernooi vir Suid-Afrika en hul openingswedstryd is teen Georgië op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch. Die kaptein van die SA Onder.20-span, Paul de Villiers, sê hulle verwag ʼn fisieke aanslag van die Oos-Europese span.