EFF maan oor geweld ná Appèlhof-uitspraak
Die EFF waarsku oor moontlike geweld na ʼn uitspraak deur die Appèlhof oor grondbesettings. Die hof het die leier van die EFF, Julius Malema, se aansoek geweier om te appelleer teen ʼn beslissing van die Hooggeregshof wat hom verbied het om grondbesettings aan te hits. AfriForum het die hofproses in 2017 van stapel gestuur. ʼn Woordvoerder van die EFF, Leigh-Anne Mathys, glo toegang tot grond is ʼn basiese menslike behoefte, soortgelyk aan die reg tot water, en mag nie onregverdig van burgers weerhou word nie.