G’n wonder 50% Namibiërs is arm – ekonoom

Die helfte van die Namibiese bevolking staar armoede in die gesig, sê eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila. Sy sê die regering het armoede van 38 persent tot sowat 18 persent verminder, maar sake het sedertdien vererger. Volgens die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds se 2022-jaarverslag toon in die Gini-koëffisiënt-indeks dat inkomste-ongelykheid in Namibië op 57,2 staan. Die verslag dui verder aan dat 46 persent van huishoudings ‘n vroulike hoof het, terwyl 41 persent ‘n manlike hoof het. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, ekonomiese ontleder by High Economic Intelligence Investment, gesels, wat sê hierdie syfers word aangevuur deur stygende pryse.