R122 miljoen op Robben-eiland bestee
Die departement van openbare werke en infrastruktuur in die buurland het tot op hede sowat 122 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan onderhoud en herstelwerk op Robben-eiland in ‘n poging om sy Wêrelderfenis-status te behou. Die omvang van die werk het geboue, infrastruktuur, begraafplase, tuine, steengroewe, ontspanningsgeriewe, maritieme veiligheid en die natuurlike omgewing in. Minister Sihle Zikalala sê die infrastruktuurontwikkeling sal bydra om hierdie gedenkwaardige terrein te bewaar, toerisme ‘n hupstoot te gee en by te dra tot werkskepping.