EU vra ondersoek na boot-tragedie aan Griekse kus
Die Europese Unie doen ‘n beroep op ‘n volledige en deursigtige ondersoek na een van die dodelikste menslike tragedies in die Middellandse See. Meer as 500 migrante en asielsoekers is vermoedelik dood nadat ‘n boot met tot soveel as 750 migrante verlede week aan die kus van Griekeland gesink het. ‘n Hof in Griekeland het vroeër vandeesweek beveel dat nege Egiptiese mans aangehou word. Hulle was vermoedelik die boot se bemanning. Ylva Johansson van die EU noem dit een van die ergste tragedies ooit.