Beijing se kwik styg kwaai

Die Chinese hoofstad, Beijing, het ‘n oranje waarskuwing uitgereik, die tweede hoogste weer-waarskuwingsvlak, ná uiters warm weer en nog ‘n hittegolf. Die stad het ‘n temperatuur van 40 grade Celsius aangeteken vir die eerste keer sedert 2014. Die warm weer sal na verwagting voortduur oor die naweek, met voorspelde temperature van tot 39 grade Celsius in die meeste dele van die stad tot môre. Die nasionale weerdiens het in reaksie op die uiterste weerstoestande spesifiek ‘n waarskuwing uitgereik vir sonsteek.