AfriForum verheug oor Appèlhof-sege oor EFF

AfriForum sê hy het as oorwinnaars uit die stryd getree nadat die Appèlhof in Bloemfontein die EFF se aansoek om ‘n grondbesettings-uitspraak om te keer, van die hand gewys het. Die hof het die derde en laaste aansoek om verlof tot appèl deur die leier van die party, Julius Malema, teen ‘n interdik wat die burgerregte-organisasie in 2017 verkry het, geweier. Ernst van Zyl van AfriForum sê die uitspraak bevestig aanhitsing om grond te betree en grondbesetting is ‘n ernstige misdaad.