DA: Reuse-agterstand in katarak-chirurgie

Dit is nie net in Namibië waar ‘n agterstand in katarak-operasies is nie. Die DA in Mpumalanga sê teen die huidige tempo sal dit die provinsiale departement van gesondheid meer as 40 jaar neem om die agterstand met katarak-operasies in die provinsie in te haal. In die jaarverslag vir 2021/2022 rapporteer die departement ʼn agterstand van 6 536 pasiënte wat wag vir katarak-chirurgie. Jane Sithole van die DA sê die departement het onlangs aan die portefeuljekomitee oor gesondheid gesê daar is ʼn agterstand van 14 784 katarak-operasies en hulle beplan om in die 2023/2024-boekjaar 3 600 operasies uit te voer.