Eskom en Nederland werk saam aan skoner energie

Eskom sê sy oorgang na skoner energiebronne moet op ‘n verantwoordelike manier gedoen word wat alle impak en rolspelers in ag neem. Die kragverskaffer en Nederland het ‘n brief van voorneme onderteken om saam te werk aan die ontwikkeling en instelling van insiatiewe vir billike energieoordrag. Daphne Mokwena van Eskom sê die inisiatiewe is gemik op groter werkskepping, ekonomiese groei en om die plaaslike omgewing rondom die Grootvlei-kragstasie in Mpumalanga te verbeter terwyl dit oorskakel van ‘n steenkoolkragsentrale na opwekking deur hernubare energie.