Swaarder strawwe vir verkragters geëis

Die burgerregte-organisasie Not In My Name vra swaar strawwe vir kinderverkragters. Dit sluit chemiese kastrasie of die doodstraf in. Die beroep volg nadat ‘n 36-jarige Gautengse man na bewering sy babadogter van agt maande verkrag het, wat tot haar dood gelei het. Die pa het in die Oberholzer-landdroshof in Carletonville verskyn. Not In My Name se woordvoerder, Mo Senne, sê strawwe vir misdade teen kinders behoort heroorweeg te word en moontlik die doodstraf insluit.