Ure tik verby vir Titan om gevind te word

Die Amerikaanse kuswag sê hy het die soekgebied na die vermiste Titan-duikboot uitgebrei, nadat nog geluide onder die water gehoor is. Daar is vyf mense aan boord van die duikboot: ‘n Britse avonturier, ‘n Franse duiker, ‘n Pakistani pa en seun, en die stigter van OceanGate Expeditions, wat die toere na die Titanic-wrak aanbied. Suurstof sal vermoedelik binne ‘n kwessie van ure teen vanmiddag Namibiese tyd opraak. Jamie Frederick van die kuswag sê hulle weet nog nie wat die geluide veroorsaak nie.