Eskom-raad belowe om korrupsie te ondersoek
Eskom se raad weerlê bewerings van druk op die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, om sy kennistydperk te verkort nadat hy korrupsie blootgestel het tydens ‘n televisie-onderhoud. Die raad sê hy het verkies om te vertrek toe hy aangesê is om sy uitlatings te verduidelik. Die raad en bestuur het vandag met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge oor die korrupsie-bewerings vergader. ‘n Raadslid, Claudelle von Eck, belowe ‘n deeglike ondersoek na die bewerings.