Winterveldtog teen koue in Julie aangebied
Met die koue in ons midde wil ‘n plaaslike vrywilligers-vereniging Shincheonji ‘n winterprojek in die eerste week van Julie by die Katutura-ouetehuis aanbied. Hulle doen ‘n beroep op Windhoek-inwoners om hande te vat deur winterklere en komberse te skenk of om self by die veldtog aan te sluit en te deel met diegene wat werklik in nood is. Hulle het reeds verskeie veldtogte vanjaar van stapel gestuur soos skryfbehoeftes vir leerders, ‘n sopkombuis en ‘n bloedskenking- en skoonmaak-veldtog. Gift Katjiuanjo van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…