Kaapse owerhede vergader met handelaars
Meer as 400 handelaars het die Stad Kaapstad se direktoraat vir ekonomiese groei se Informele Handelsekonomie en Uitstalling in die stadsaal bygewoon. Die Beraad vir die Informele Ekonomie het vanjaar vir die eerste keer ‘n uitstallingkomponent gehad waar 20 uitstallers van klein ondernemings tot groot korporasies uitgestal het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die stad het reeds stelsels vir ekonomiese groei gereed wat duisende Kapenaars reg oor die metro al gehelp het om toegang tot ekonomiese geleenthede te kry. Dit sluit werksoekers, handelaars en kleinsake-eienaars in.