Taiwan bly ‘n struikelblok vir VSA-China verhouding

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Amerika en China het vordering gemaak om verhoudings weer in die regte rigting te stuur. Hy het China se president Xi Jinping ontmoet vir samesprekings, en daarmee hoëvlak kommunikasie tussen die twee wedywerende supermoondhede hervat. Blinken is die eerste Amerikaanse minister van buitelandse sake wat Beijing in vyf jaar besoek. Hy sê tydens ‘n vergadering met Xi het hy ‘n paar sleutelkwessies geopper, ondermeer kommer oor China se uitlokkende optrede in die Straat van Taiwan: