DA soek antwoorde oor Afrika-vredesending

Die DA gaan dringende parlementêre vrae indien oor die koste van die Afrika-vredesending na Oekraïne onder leiding van President Cyril Ramaphosa. Dit volg nadat ‘n vliegtuig met meer as 120 polisiebeamptes en ‘n groep joernaliste wat deel van die sending was, in Pole gehok is weens komplikasies wat verband hou met wapens en ammunisie aan boord. Poolse amptenare het hul toestemming geweier om 12 houers met wapens en ammunisie af te laai. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê daar moet aanspreeklikheid wees.