Partygate: Te midde van nuwe video, stem LP’s vandag oor Johnson

Te midde van ‘n nuwe video wat wys hoe lede van die Britse Konservatiewe Party in Desember 2020 groot partytjie hou en dans, sal lede van die Britse parlement vandag stem of die voormalige eerste minister Boris Johnson gestraf moet word. Dit volg nadat die voorregtekomitee bevind het hy het die Laerhuis herhaaldelik mislei oor partytjies by Downingstraat tydens inperking. Johnson het verlede week bedank en LP’s sal daarom nie meer oor sy toekoms in die parlement stem nie, maar eerder besluit of hulle saamstem met die verslag, en of sy toegang tot die Westminster-parlementshuis opgeskort moet word. Tientalle regse Tory-LP’s beplan volgens berigte om nie aan die stemming deel te neem nie.