Hoekom vergader Swapo nie dringend oor geweld, armoede, werkloosheid nie?
Kritiek word uitgespreek teenoor die regerende Swapo-party se sameroeping van sy sentrale komitee oor die kwessie van gay-huwelike en die nou omstrede beslissing van die hooggeregshof. Die komitee het die naweek vergader en ‘n verklaring uitgereik dat die definisie van gade in ‘n huwelik herdefinieer sal word. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah vra hoekom armoede, werkloosheid en geslagsgeweld nie dieselfde aandag kry nie. Hy sê kwessies wat die land se ontwikkeling raak behoort bespreek te word.