Denemarke, Nederland hier vir groenwaterstof-forum vandag
Mette Frederiksen, die premier van Denemarke, en die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, sal vandag om half-11 met President Hage Geingob ontmoet om onder meer groenwaterstof en energie-oorgang te bespreek op ‘n forum wat vir vandag geskeduleer is. Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad sal deel vorm van die forum wat vergaderings tussen Namibiese maatskappye en hul Nederlandse en Deense eweknieë in die groenwaterstofsektor insluit. Dit sal ook ‘n beduidende geleentheid bied vir plaaslike beleggers om met internasionale rolspelers te skakel. Daar is al hoe meer belangstelling vanuit Europa en ander dele van die wêreld in Namibië as gevolg van die groenwaterstof-projekte en die oliebronne wat ontdek is.