IS-groep val skool in Uganda aan
Vyf-en-twintig mense, insluitend kinders, is dood in ‘n terreuraanval op ‘n skool in die weste van Uganda deur die Islamitiese Staat-gebonde Geallieerde Demokratiese Magte. Die land se nasionale polisiewoordvoerder Fred Enanga sê die groep, wat in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gesetel is, het ‘n sekondêre skool in Mpondwe aangeval waar ‘n koshuis verbrand en voedselwinkel geplunder is. Tot dusver is 25 liggame by die skool gevind. Die skool is minder as twee kilometer van die grens af.