Mandela het aanhou baklei – Zelensky aan Ramaphosa

Mandela het aanhou baklei. Jy kan vry wees in die bunker. Dit was die woorde van Oekraïnse President Volodymyr Zelensky aan President Cyril Ramaphosa. Ramaphosa en vyf ander Afrika-leiers het met Zelensky in Kiëf vergader om vrede te bewerkstellig in Oos-Europa maar Zelensky sê daar sal geen onderhandelings wees voor Rusland nie al sy troepe, uit die hele land, ook die Krim, onttrek nie. Zelensky sê alle nasies verdien vryheid maar, dat dit onmoontlik is as Rusland aggressie en die diefstal van iemand ander se grond wil normaliseer. Dit is uiters belangrik vir Afrika dat graan- en kunsmisvervoer in die gebied normaliseer. Ramaphosa en sy afvaardiging sal vandag met Russiese President Vladimir Putin in St. Petersburg vergader.