SAL-huurvlug tot Sondag op Warskou-lughawe gehok
Sowat 120 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes, soldate en joernaliste het uiteindelik hul vliegtuig by die Chopin-lughawe in Warskou in Pole verlaat, meer as ‘n dag nadat hulle in die stad geland het. Die SAL-huurvlug het personeel van President Cyril Ramaphosa se beskermingsdienste vervoer, sowel as joernaliste wat die Afrika-vrede-sending na Oekraïne en Rusland vergesel. Poolse owerhede het vroeër bewerings ontken dat hul optrede teenoor die Suid-Afrikaners rassisties is, en sê sommige passasiers het nie die korrekte dokumente om wapens in Pole in te bring nie. ‘n Woordvoerder van die lughawe het aangedui dat die vliegtuig tot Sondag gehok sal bly. Die afvaardiging Afrika-leiers is vandag in die Oekraïnse hoofstad Kiëf en vertrek môre na St. Petersburg in Rusland.