Sowat 100 kinders was glo aan boord van migrante-boot

Oorlewendes van ‘n bootramp aan die kus van Pylos in die suide van Griekeland sê daar was moontlik tot 100 kinders aan boord van die vaartuig, toe dit Woensdag in die Ioniese see gesink het. Die amptelike dodetal staan op minstens 79. Meer as 100 mense is gered, maar volgens sommige berigte was daar tussen 500 en 700 mense aan boord van die migrante-boot. Die soektog na nog oorlewendes duur voort. Die Griekse regering het vroeër drie dae van rou afgekondig.