Nederlandse en Deense premiers bring Maandag staatsbesoek aan Namibië

Die Nederlandse eerste minister Mark Rutte sal Maandag ‘n staatsbesoek aan Namibië bring. Rutte se besoek aan Namibië sal fokus op samewerking tussen Nederland en Namibië op die gebied van groenwaterstof, multilaterale samewerking, internasionale ontwikkelings en klimaatsverandering. Rutte sal vergesel word deur die Nederlandse sake-unie, ‘n onafhanklike navorsings-organisasie en verteenwoordigers van ander Nederlandse besighede. Die eerste minister van Denemarke, Mette Frederiksen, en haar afvaardiging sal ook vir Rutte vergesel. Hulle sal President Hage Geingob by Staatshuis ontmoet en verskeie ooreenkomste onderteken.