Kaapstad se maatreëls oor vloedverligting geld steeds

Die Stad Kaapstad sê vloedverligtings-maatreëls geld steeds, veral waar stormwater-stelsels regoor die metro onlangs verstop is. Ander voorvalle wat aangemeld is, sluit in modderstortings in die Oudeskip-gebied in Hangberg, Houtbaai en die Eersterivier en Kuilsrivier het sy walle oorstroom, wat veroorsaak dat sommige eiendomme in Zandvlei, Macassar, oorstroom het. Die woordvoerder van die stad se Ramprisiko-bestuursentrum, Charlotte Powell, sê informele nedersettings in Sir Lowry’s Pas-dorpie, Ou Crossroads en Schaapkraal is geraak.