Namandje se punte in Menzies aansoek misluk
Regter Shafimana Ueitele het bevind dat Sisa Namandje, wat namens Paragon in sy gesamentlike onderneming met Ethiopian Airlines om vrag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te hanteer optree, se punte in limine oor Menzies Aviation se aansoek, misluk het. Namandje het die punte voor die hof gebring voor die meriete van die saak aangehoor kon word. Menzies wil Paragon laat verwyder en vra, deur middel van verskeie komplekse aansoeke om bevele, om weer permanent vraghantering op die lughawe te bedryf. Namandje het verskeie punte onder die hof se aandag gebring waaronder die hof se jurisdiksie om die saak aan te hoor sowel as die feit dat die aansoek eintlik ‘n herhaling is, ingesluit was. Ueitele het opdrag gegee dat Namandje sy antwoorde op Menzies se aansoek indien dat die saak aangehoor kan word.