Vrou uit N$345 000 bedrieg, toe sy fop-Nampol beamptes wou omkoop

Die polisie op Ondangwa sê ‘n 60-jarige vrou is blykbaar uit 345 145 Namibiese dollar bedrieg. Volgens die mag is sy geskakel deur ‘n kliënt wat ‘n tent by haar wou huur. ‘n Ontmoeting is gereël maar toe word sy oortuig om deel te neem aan ‘n onwettige diamant-transaksie. Sy het die verdagtes vergesel na die Oluno Opemark om die transaksie te bewerkstellig maar, is daar deur vermeende polisie voorgekeer en in die motor gelaai om aangekla te word. Op pad het die sogenaamde beamptes haar oortuig om ‘n omkoopbetaling van 55 000 en ‘n verder 5 000 dollar te maak sodat die klagte kan wegraak. Sy het hulle betaal maar, hulle het haar ID en bankkaart geneem om haar besonderhede te bevestig om die klag te laat verdwyn. Sy is toe blykbaar op die manier beroof.