Gauteng-polisie vind geplunderde plofstof terug
Polisie in Gauteng het plofstof teruggevind wat Woensdag tydens ‘n gewelddadige diensleweringsbetoging in Diepkloof, Soweto, gesteel is. Inwoners van die Diepkloof-hostel het betoog en die N1- en N12-hoofweg heeltemal tot stilstand gedwing. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die betogers het twee vragmootors met onderskeidelik kruideniersware en plofstof voorgekeer en geplunder voordat hulle na die hostel teruggehardloop het: