Repokoers is nog ‘n baba in vergelyking met vorige jare

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die huidige siklus van rentekoersverhogings is die derde vinnigste wat in die land aangeteken is. Die langste periode was tussen 1994 en 1997 waar die rentekoers met 300 basispunte gelig is. Die kortste een was in 1998 tussen Mei en November waar die koers met 350 basispunte, of 3,5 persent in die tydperk verhoog is. Simonis Storm sê in een aankondiging daardie jaar het die Monetêre Beleidskomitee die koers met 275 basispunte verhoog wat die koers van 18 tot 20,75 persent opgestoot het. Dus sê die firma die huidige siklus is nie so aggressief soos voriges nie. Hy voorspel ook dat daar nie verdere repokoers verhogings die jaar ingestel sal word nie. Die koers is nou 7,75 persent met prima wat op 11,5 persent staan, eiendomslenings op 12,5 persent en motorlenings op 13,5 persent.