ANC-regering wil grondhervorming versnel

Suid-Afrikaanse adjunk-president Paul Mashatile sê die ANC-regering is daartoe verbind om die pas van grondhervorming te versnel om mense se lewens veral in landelike gebiede te verbeter. Hy het in die Nasionale Raad van Provinsies geantwoord en gesê 552 000 huishoudings het voordeel getrek uit grondhervormingsprogramme. Dit sluit 174 000 in met ‘n vrou as hoof van die huishouding. Mashatile sê 720 000 hektaar staatsgrond is geïdentifiseer en reeds in 2020 oorgedra: