Phala Phala-verslag steeds in die nuus

‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner het sy reaksie op die openbaarmaking van die Phala Phala-ondersoek gegee. Die geskorste openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het gevra haar adjunk wat in die amp waarneem, Kholeka Gcaleka, moet die bevindings van die Phala Phala-ondersoek bekend maak. Mkhwebane het ook aanspreeklikheid van President Cyril Ramaphosa geëis en hom van magsmisbruik beskuldig omdat hy haar glo onwettig uit haar amp geskors het. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage gesels wat meen dit is ‘n politieke magstryd.