Samesmelting van PGA en LIV is verraad

Die wêreld se nommer twee, Jon Rahm, sê die meeste spelers van die PGA-toer voel die bestuur het hulle verraai toe die samesmelting verlede week aangekondig is. Die PGA-toer, DP World-toer en Saoedi-Arabië se openbare beleggingsfonds wat die LIV-gholfreeks finansier, smelt saam om die sport op ‘n globale grondslag te verenig. Rahm sê hy was verras deur die aankondiging se tydsberekening, ‘n week voor die Amerikaanse Ope. Hy voeg by daar is baie onbeantwoorde vrae: