Angola kom leer by NWR

Die Angolese regering onder leiding van raadgewer Adriano Fortunato, het die bestuur van Namibia Wildlife Resorts besoek om betrokke te raak oor hoe Angola voordeel kan trek uit Namibië se beste praktyke van toerisme en wildbewaring. Die twee lande werk ook daaraan om die beste maniere te vind om toerisme ten volle in die Zambezi-strook te ontwikkel. Die gebied is bekend vir sy toestroming van toeriste, maar is natuurlik meestal net aan die Namibiese kant ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, woordvoerder van die oorde gepraat wat die doelwitte van die vergadering deel.