Amupanda vaar uit teen visum-vry ooreenkoms met China

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda sê die voorgestelde visum-vry reisooreenkoms met China is deel van ‘n ooreenkoms vir verkiesingsondersteuning. Plaaslike berigte lui dat Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, die voorstel aan Chinese amptenare gemaak het en sê dit handel oor toerisme. Volgens Amupanda is dit vir onopgevoede en werklose Chinese burgers om plaaslik op tenders te kom werk. Hy sê op sy sosiale media platforms hy eis ‘n antwoord van Kawana, sowel as die ministerie se uitvoerende direkteur, Etienne Maritz.