Sturgeon sal nie geskors word nie

Die Skotse Nasionale Party bevestig sy voormalige leier, Nicola Sturgeon, sal nie geskors word na haar arrestasie nie. Die polisie het haar Saterdag in hegtenis geneem en oor party-finansies ondervra voor sy sewe ure later sonder aanklag vrygelaat is. Haar man, die voormalige uitvoerende hoof van die SNP, Peter Murrell, asook die gewese tesourier, Colin Beattie, is vroeër ook ondervra en vrygelaat. Die ondersoek gaan oor die beweerde wanbesteding van skenkings van 13,9 miljoen Namibiese dollar aan die party. Sturgeon se opvolger as eerste minister, Humza Yousef, sê sy is nie geskors nie want sy is nie aangekla nie.