Comrade-vereniging geloof vir uitstekende wedloop

KwaZulu-Natal se LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, Ntuthuko Mahlaba, het die Comrades Marathon-vereniging geluk gewens met die suksesvolle en voorvalvrye 96ste uitgawe van die wedloop. Die Suid-Afrikaanse helde, Tete Dijana en Gerda Steyn, het onderskeidelik die mans- en vrouewedrenne gewen en in die proses rekords verbeter. Mahlaba sê die Comrades was nog altyd ‘n baie spesiale geleentheid vir die provinsie: