Eskom aanvaar Nasionale Tesourie se besluit

Eskom het die besluit van die Nasionale Tesourie aanvaar om hom nie gedeeltelik kwyt te skeld van sekere bepalings van die Wet op Finansiële Bestuur en Tesourie-regulasies nie. Die tussentydse woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die besluit beteken die kragvoorsiener sal steeds finansiële en nie-finansiële inligting oor onreëlmatige, vrugtelose en materiële verliese weens misdadige optrede onthul, soos bepaal deur die regulasies van die Nasionale Tesourie.