Motorsport: Dag van aksie by Tony Rust-renbaan

Motorsport: Die Tony Rust-renbaan is vandag die plek om te wees waar die aksiebelaaide Shell V-Power International Oval Challenge aangebied word. Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaan-kampioenskap uitspook, sal 26 ovaalbaan-monsters uit Suid-Afrika ook in aksie wees. Vivo Energy Namibia borg met sy Shell V-Power-handelsmerk die 2023 International Oval Challenge wat deur Redline-motorklub aangebied word. Dippies Dippenaar van die motorklub, het met Kosmos 94.1 nuus gesels…