Netbal Wêreldbeker trek SA-presidensie se aandag
Die Presidensie het sy steun aan die Proteas toegesê voor die Wêreldbekertoernooi wat van die 28ste van volgende maand tot die sesde Augustus in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaasvind. Sestien lande sal aan die toernooi deelneem. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die geleentheid sal ook ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners skep: