GOAN jaarvergadering volgende week gehou

Die Gun Owners’ Association of Namibia, bekend as GOAN hou sy algemene jaarvergadering volgende Vrydag, 16 Junie om ses-uur namiddag in die hoofstad. Daar was onlangs baie vrae gevra met die regering wat wapen-eienaarskap maatreëls wou aanpas en GOAN het tussenbeide getree. Tot op hede is daar geen verdere beweging in die aanpassings nie. Die vereniging vra alle bona fide wapeneienaars om te registreer en die vergadering by te woon. Kallie Ventske van die Gun Owners Association of Namibia (GOAN) het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…