Samewerking tussen boere en Nampol is versterk

Die voorsitter van die Lewendehawe Produsente-organisasie Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor Donderdag se vergadering met die Namibiese polisie. Kwessies soos veediefstal en ander misdaad waarmee boere te doen kry het onder die loep gekom. Pretorius sê samewerking is hernu na onderbrekings as gevolg van Covid.

Pretorius sê hulle stel ‘n databasis op om herhaalde misdadigers veral te kan identifiseer.