Menzies verloor in die hooggeregshof

Menzies Aviation het sy appèl in die hooggeregshof, om vraghantering op Hosea Kukato-lughawe voort te sit, en die aanstelling van Paragon ter syde te stel, verloor. Die aansoek volg na Menzies verskeie stappe gepoog het na die Namibiese Lughawensmaatskappy sy tender uitgegooi het vir nie-nakoming van bepalings nie. Regters Dave  Smuts, Sylvester Mainga en Elton Hoff het die beslissing gemaak. Menzies wou nuwe getuienis voorlê wat die hof geweier het. Die kostebevel sluit in een regsverteenwoordiger sowel as die senior advokaat wat aangestel is.