Kosverkopers by skole moet gekeur word

Die DA in Gauteng eis die instelling van ‘n behoorlike keuringsproses vir kosverkopers by provinsiale skole, om te verseker dat veilige, higiëniese en gesonde kos aan leerders verkoop word. Dié stap volg na ‘n voorval waarin agt leerders van Alexandra in die Edenvale-hospitaal opgeneem is, nadat hulle koekies geëet het wat aan hulle verkoop is deur ‘n kosverkoper buite die skoolterrein. Die DA-lid, Khume Ramulifho, sê hulle veroordeel die gebrek aan verskafferkontrole deur skoolbeheerliggame in die provinsie: