Queen Charlotte is gewildste op stroomranglys

Netflix se Bridgerton-voorvolgreeks, Queen Charlotte, is vir die tweede agtereenvolgende week die top-titel op die Nielsen-stroomranglys. Dit het 1,88 miljard minute se kyktyd aangeteken vir die week van 8 tot 14 Mei. Jennifer Lopez se Netflix-rolprent, The Mother, het ook sterk geopen en het in die algehele tweede plek op die ranglys geëindig, met 1,43 miljard minute se kyktyd. A Man Called Otto, ook van Netflix, is derde, gevolg deur NCIS van Paramount Plus en Disney Plus se Bluey. Nielsen se stroomgradering neem slegs kyktyd op televisiestelle in aanmerking.