‘Vreemde goed gebeur voor verkiesings’

Inna Hengari, ‘n lid van die Popular Democratic Movement, het haar kommer in die parlement uitgespreek oor hoe vreemde dinge voor verkiesings gebeur. Namibië gaan sy algemene verkiesings in 2024 hê. Sy verwys na die Verkiesingskommissie van Namibië wat in 2017 vier elektroniese stem-masjiene aan die Swapo-party geleen het. Die destydse minister van justisie Sacky Shanghala het gesê die vier toestelle het verlore geraak nadat hulle glo van ‘n sleepwa af geval het. Hengari sê vanjaar het verkiesingstoerusting weer vermis geraak wat die vertroue van die kiesers skaad.